
=====================================================================
Die tinktinkie en die renboog (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Die tinktinkie en die renboog

Abraham H. de Vries s Afrikaans, "die tinktinkietaal van Totius", en die Afrikaanse mens van postapartheid is in spanningsverhoudings wat 
aansluit by die spanning tussen globalisering en individuele kulture.

In die film The Legend of 1900 van Giuseppe Tornatore verkies 'n briljante skeepspianis om ter wille van sy klavierspel nooit aan land te 
gaan nie, omdat die land vir hom alles simboliseer wat onbeperk is, 'n toetsbord met ontelbare klawers, waarop niemand musiek kan maak nie.

Aan die een kant is daar hierdie bewustheid van groter gehele en aan die ander kant die nuwe o waarmee na die skeepsruim, die kleine, die 
bekende, die dorpse gekyk word. Hierdie nuwe realisme oor die menslik hanteerbare is twee van die opvallendste tendense van ons tyd, 'n 
dubbele beweging, s Rene Devisch, van gebondenheid binne die globaliseringsmeganieke, en 'n strewe na identiteit of outonomie binne lokale 
gemeenskappe en kulture.

Ter sake is nie 'n keuse tussen hierdie strominge nie, maar die hantering van albei in 'n proses wat ook, minder akkommoderend, 
genterpreteer word as ntmensliking, as ntmagtiging, as kulturele vervlakking, homogenisering, verlies van waardes, verlies aan 
identiteit en selfs 'n gevoel van onveiligheid.

Taal is telkens die trefpunt. Die globale anglisering/amerikanisering in ondernemings soos CNN, die Internet, Microsoft, McDonald's, Coca-
Cola, Nike, en noem maar op, maak vrese wakker van Swede tot Suid-Afrika dat die Max Planck Instituut in Nijmegen gelyk mag h in hul 
waarskuwing dat 90% van die wreld se tale in die volgende eeu kan verdwyn. Hierdie groter gehele dreig om die mens en wat menswaardig is, 
te verdwerg. Die skeppende individu moet vandag, soos die pianis in die film, lewensnoodsaaklike beperkings jaloers bewaar om kreatiwiteit 
te red uit kompleksiteit.

Suid-Afrika se elf amptelike tale was selfs vir vele gebore twyfelaars by nadenke prysenswaardig. Nie alleen aksentueer hierdie wetgewing 
'n belangrike verskil met ander postkoloniale regerings en verleen dit menswaardigheid aan die sprekers van al elf tale nie, maar so 'n 
beleid is ook die erkenning van die pluraliteit van die kulture en tale van ons land. As 'n bevestiging en versterking van die waarde van 
die "plaaslike" sluit dit aan by een van die twee groot tendense van ons tyd.

Dat, di beginsels ten spyt, Afrikaans en die nege Afrikatale deur staatsdepartemente en semistaatsinstellings ten gunste van Engels 
gemarginaliseer word, is 'n agteruitgang op die bydertydse gees van die Grondwet. Die redes wat daarvoor aangevoer word, is eerstens di 
wat ruweg aansluit by "globalisering" en die mark se eise en wat toerisme, wreldmarkte ens. gebruik en misbruik; tweedens: die eise en 
voorbeeld van die staat in die lig van die beweerde taalvoorkeur van histories agtergestelde bevolkingsdele.

Op hierdie vloeibare vormingstyd in ons geskiedenis reageer Afrikaanse mense uiteenlopend. Die gevoel van "onbehuisdheid" (Jakes Gerwel) by 
vele word versterk deur die gebrek aan respek vir lewe en eiendom in die aangrensende Zimbabwe; die vraag na die rol van die Westerling in 
Afrika word algou gestel in wat Breyten Breytenbach noem die bevraagtekening van alle waardes.

In Suid-Afrika is die sogenaamde Charteristiese beginsels van rassegelykheid, gelyke regte vir eie tale en die ontwikkeling van eie kulture 
gelukkig ook ingeskryf in die nuwe Grondwet. Onder diktaat van ongelykhede en agterstellings is die daaglikse praktyk egter minder 
beginselvas as die woorde op papier. Spanningsvelde ontstaan vir die Afrikaanssprekendes in hierdie era van die "Groot Gesprek" (Breyten).

Die spanning Eurosentries teenoor Afrosentries sluit aan by die debat tussen die Charteriste en die Afrikaniste van die ANC. Die Afrikaanse 
letterkunde het hierdie tweespalt in die vyftigerjare reeds geregistreer met Jan Rabie se pleidooi vir "minder Europa, meer Afrika" in die 
letterkunde.

Nadruk op verskille is nou weer, soos in die ou Suid-Afrika, die hebbelikheid van sommige politici. Die bewustheid van die verskille, die 
aanvaarding daarvan, maak buite politieke clichs egter al hoe meer plek vir wyses waarop Afrika en Europa mekaar juis aanvul. Ons wat 
Afrikaans is, is onlosmaaklik in ons kulturele geheue (Johan Degenaar) verbonde aan albei vastelande en daar is sigbare en hoorbare tekens 
daarvan in die beeldende kunste, in musiek, in die Afrikaanse letterkunde  van Johannes Kerkorrel en Abigail Qubeka tot Izak de Vries, 
Antjie Krog en Wilma Stockenstrm.

'n Tweede spanningsveld is di tussen Afrikaans as gestigmatiseerde apartheidstaal, teenoor Afrikaans as menstaal, as "die grootste nie-
rassige prestasie in Suid-Afrika" (Jan Rabie), as die taal waarin Afrikaanse mense die wreld ver-taal. Die volle Afrikaanssprekende 
taalgemeenskap het van die Afrikaner se Afrikaans vervreemd geraak.

"Ek vat my taal terug, dis my taal," is 'n al hoe duideliker wordende tendens met vele merkers. Ek noem slegs die oprigting van klein 
uitgewerye sedert 1985: die domineedigter Patrick Petersen se Prog in Vredenburg en Willie Adams se Domestica in Johannesburg, 
"boodskapsdraers van die mense  uit die geledere van die vegtende stem" (Petersen). Hulle het straatposie, praatposie, strydposie, 
begrafnisposie laat verskyn. 'n Hele aantal van hierdie gedigte het hul weg gevind na Komrij se De Afrikaanse poezie in duizend en enige 
gedichten.

'n Laaste spanningsveld: die aandrang deur sommige politici dat Afrikaanse mense deel moet word van die meerderheid, van die renboognasie. 
Dis egter uit die praktyk van verskille tussen die Grondwet en die toepassing daarvan begryplik waarom hierdie oproep dikwels gestel word 
teenoor geesdriftige deelname maar met behoud van volle taalidentiteit (in skole, op radio en TV, in hor onderwys, universiteite). Ewe 
belangrik is die byvoeging: maar snder om "kamma te stry vir die regte van 'n taal terwyl dit eintlik gaan oor die behoud van ou politieke 
en sosiale voorregte" (Andr P. Brink). Die besetting van die politieke sentrum deur die benadeelde meerderheid laat telkens die gesprekke 
oor minderhede en minderheidsregte in Suid-Afrika, wat wreldwyd ter sake is, stol op die begryplike assosiasie daarvan met die rassisme 
van die vorige regime.

Al hierdie spanningsvelde, versterk deur die sosiaal-ekonomiese probleme van korrupsie, moorde, verarming kan verlammend wees tot aan swye 
toe. Maar die verhaal van Afrikaans en Afrikaanse mense in die huidige Suid-Afrika is een van toenemende vlstemmigheid, stemme wat nie 
meer konformeer tot stiltes nie, stemme wat van die angs en die hoop, die verwagtings en die teleurstellings van individue vertel, wat stem 
gee aan gewone mense se klein geskiedenisse, van Abraham Phillips se Verdwaalde Land tot A.H.M. Scholtz, E.K.M. Dido, Kirby van der Merwe, 
Elias Nel en vele ander.

Soos in die literatuur van die voorafgaande dekades is gebondenheid en opstand ook die kenmerke van 'n "nuwe verset" in die letterkunde. In 
niefiksie is daar die afrekening met die geslag wat "jou en jou tydgenote afgevaardig het om vir BMW's en Mikrogolfoonde te gaan sterf, vir 
'n leefwyse nie vir ideale nie" (Annesu de Vos). In die letterkunde is die verset voorafgegaan deur die her-evaluering van die werklike rol 
van die tradisionele vaderfiguur.

By terugskoue het hierdie "nuwe verset" egter al in die letterkunde begin met Karel Schoeman se untergang-romans, in die angsvisioene van 
Aucamp, in die spesmase van "matelose/ hartseer onder die blou van onse hemel" (Wilma Stockenstrm), die "wegvloei van drome,/ die gewonde 
geskiedenis" wat Breytenbach laat s: "I am no longer one of us" (Papierblom).

Suid-Afrika is nie meer 'n gesoleerde probleem aan die onderpunt van 'n paradysmooie maar onbekende, angswekkende vasteland nie. Apartheid 
het hopelik ons waaksaamheid opgeskerp vir hoe kwaadaardig die aandrang op eksklusiwiteit van 'n onderdeel kan groei. Die eise van ons tyd 
dikteer ons toewyding aan diversiteit, aan verskeidenheid, aan juis di eienskappe waaraan ons land en al sy mense nog nooit 'n gebrek 
gehad het nie. Ek is nie die eerste nie wat vermoed dat die beskerming en uitbou hiervan een van die werklik sinvolle funksies is wat 
oorgebly het vir nasionale state in die globale neo-kolonisasie deur die markplein. Dr. Abraham de Vries, skrywer en dosent in Afrikaans, 
het sy referaat by die opening van die werkwinkel oor Afrikaans extra muros in Leipzig vir Afrikaans Vandag verkort. Die algemene titel was 
"Globalisering en die indiwiduele kulture". 'n Bronnelys is weens ruimtegebrek weggelaat.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7420.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

